Knysna News

HOME PAGE - EDITORS LETTER - INFORMATION PAGE - FORUM
BIBLE CLINIC- SCHOOL NEWS - GARDEN ROOTS - MOVIE REVIEWS - PETS PAGE - MEDICAL HELP - PERSONALITY OF THE WEEK - CRIME STOP
THEATRES - FISH BITES - BUSINESS FOCUS - HEALTH TIPS - WEATHER & TIDES - SODUKO
ARTICLES
Mother's Day
Buzzing bits
Ballet Competition
Knysna Tourism appoints new CEO
International Nurses Day
Learning from your injuries

Editors Letter

Printer's Tray

deur Petro (Redakteur, Georgde News)



As iemand jou nou moes vra wat jou droom is, wat sou jy sê?

Ek is sheker dat daar 'n groter plan vir hierdie land is, ons almal het drome vir hierdie land, dalk 'n droom  dat die misdaadshyfer sal daal, of sommmmer heeltemal verkwyn.  'n Ander persoon wens weer dat inflasie- en rentekoerse moet daal, die petrolprys, dat die rasseverskille uitgesorteer moet word.  Wie sê jy is nie die GROOT krokkedil verskil wat gestuur is om die land te verander nie.  Dit vat net EEN persoon om 'n verskil te maak, en dalk shit jy daar met groot rome en planne in jou kop vir hierdie land, maar dit is al wat dit bly, slegs drome.  Jy kan 'n verskil maak, dit maak nie saak of jy wit of swart of bruin of pink of geel is nie, jy het 'n doel in hierdie land, anders sou jy nie in hierdie land beland het nie.

Ons as Suid-Afrikaners moet kan skaam saan, bid en werk om van hierdie land 'n beter plek te maak.  As jy kyk na die natuur daar buite, varings en varkore wat wild groei, die sonsopkoms, die sonsondergang en die see in Suid-Afrika is van die mooistes in die wêreld, maar niemand wil meer hier na ons pragige land kom nie, want almal is te bang vir die misdaad en dit slegs omdat daar dalk net Een van ons moet wees, die EEN met die baie drome wat moet opstaan.  Ek glo dat as daardie persoon sy skroom sal nastreef, sal hierdie land binnekort weer 'n land van geld en heuning wees.

Ek weet dat ek nie die persoon is wat hierdie land kan verander nie, maar ek weet dat ek die een moes wees om hierdie brief te skryf, om 'n beroep te doen op die persone daar buite wat planne en drome vir ons land het om op te staan en jou sê te sê.  Wie weet…Meskien verbaas jy jouself met tot waartoe jy in staat is. Hoe gaan jy weet as jy nie probeer het nie, en as jy probeer en jy slaag nie, dan weet jy, dat jy nie die EEN is nie, maar een van die baie wie sal help en ondersteun as die regte EEN opgestaan het.  Dan voor ons weet, sit ons met 'n nuwe land.

My droom  vir hierdie land is dat die EEN waarna ons almal soek, die EEN wie gestuur is, hierdie brief sal lees, en aan elkeen wat deur misdaad geraak is sal dink en dat daardie Een die moed sal hê om op te staan en van ons land weer 'n land sal maak van liefde en hoop en waar daar genoeg "krag" is, in ons huise en in ons lewens.  Hou op droom, en sê jou sê, ek het nou net.